Modulekode | YSL 210 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Hierdie module is 'n inleiding tot sporttoerisme vanuit 'n toerismebestemmingsperspektief. Konsepte in sporttoerisme word geïdentifiseer en bespreek. 'n Tydlyn van die ontwikkeling van sporttoerisme, verskillende sporttoerismemodelle, motivering vir betrokkenheid in sporttoerisme en vorme van sporttoerisme word geanaliseer. Die waarde en impak van sporttoerisme in die samelewing word vanuit 'n bestemmingstoerismeperspektief ondersoek. Die rol en invloed van die regering in sporttoerisme word geanaliseer en geëvalueer. Die impak van sporttoerisme op gemeenskapsontwikkeling word deur middel van gevallestudies ontleed. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Voorvereistes | YSL120 |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Sport- en Vryetydstudies |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App